Mosaïek
Persoonlike Groei & Berading

Tuis DivorceCare Pastorale Kursusse Bybelskool Jean Strydom Artikels Berading Kontak Inligting

PictureMosaïek: Jou tuiste vir Persoonlike Groei & Berading asook om 'n Impak in jou gemeenskap te maak

Mosaïek is spesiaal geskep om vir elke individu op sy/haar lewensreis te begelei tot die bereiking van volle lewenspotensiaal en 'n lewe van oorvloed. Soos wat die woord "mosaïek" sê, dui dit op 'n verskeidenheid aspekte wat nodig is om sinvol en voluit te leef. 

Mosaiek is 'n verlengstuk van NG Nelspruit-Suid se Omgee bediening. Vanuit Mosaiek Sentrum word beoog om verskeie gemeente en gemeenskapsprojekte te loods om as Christene 'n verskil in die omgewing te maak. Ons wil nie net vir ons eie mense omgee nie, maar ook vir ander na buite. Dus is daar 'n uitreik element binne ons omgee bediening. Mosaiek sentrum se doel is om ons gemeente se "omgee-gesig" na buite te wees. Dit is 'n nuwe dimensie van omgee bediening en ons glo dat dit baie sal uitbrei in die volgende aantal jare. Binne diue sentrum wil ons graag mense betrek wat nie noodwendig lidmate van ons gemeente is nie. Ons wil hul in nood bystaan asook die nodige toersuting gee om voluit te leef. Dus is daar vanuit hierdie "Mosaiek sentrum" 'n Bybelskool waarin mense van regoor nelspruit betrek word asook 'n Pastorale afdeling waar mense van oral beraad word en opgelei kan word as beraders of ander hulpverlenende kursusse kan bywoon.  

 

Ander projekte vanuit Mosaiek Sentrum

Die doel van die sentrum is meer as om net mense te beraad, maar ook in hulle fisiese nood by te staan. Verlede jaar het ons meer as R450 000 spandeer om mense te help en 'n verskil in hulle lewens te maak.

Projekte waarby die sentrum betrokke is: (Indien jy betrokke wil raak by een van die projekte of meer inligting wil hê, kontak jean@ngnelspruitsuid.co.za

  1. Hulpbehoewende lidmate binne die gemeente
  2. Belfast Kinderhuis
  3. LaeveldRus ouetehuis
  4. Dullstroom sentrum vir epilepsie
  5. Huis Betlehem
  6. Nelspruit Gemeenskapsforum
  7. Koskas en Klerekas projek van die gemeente
  8. Waterval Boven ouetehuis
  9. Lelievlei in Lydenburg
  10. Blanke nedersetting by Rocy's Drift
  11. Suid Sorg Saam (Gelei deur Gideon du Plessis en Dave Ellis) 

 

 

Berading! Picture2

Somtyds is daar sekere dinge in 'n mens se lewe wat jy nie self kan hanteer nie, daarom is daar verskeie hulpmiddels op die blad om 'n verskil in jou lewe te maak. Mosaiek sentrum as verlenstuk van Ng Nelspruit-Suid se Omgee bediening verbind hom ook daartoe om mense in nood te help. Daar word tans beraders opgelei om beskikbaar te wees

 

Kursusse vir 2012 

  M